HEIDELBERG NUUS - Daar word dringend gesoek na Gerald George (52) van Heidelberg. Gerald is oorspronklik van Valhalla Park, Kaapstad, maar woon al jare in Heidelberg.
Volgens Michael Cillie, by wie Gerald woonagtig is, het hy Maandagoggend 29 September omstreeks 06:30 die huis verlaat op pad Riversdal toe.
Hy was glo oppad na Nedbank om ’n nuwe bankkaart en bankstaat te kry.
Cillie het by die bank gaan navraag doen, maar is meegedeel dat Gerald nie daar opgedaag het nie. Hy is intussen as vermis by die Heidelberg polisiestasie aangemeld.
Indien jy weet waar Gerald is, skakel die polisie op 082 522 1225 of Michael Cillie op 079 143 9577.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’