ALBERTINIA NUUS - Die Green Anglicans Movement, onder leiding van Darryl Muller, het Saterdagoggend, 4 Oktober, 'n reusepoging aangewend om Theronsville se strate skoon te maak.
Daar was amper 80 mense wat hulle Saterdagoggend opgeoffer het om gewapen met sakke, die strate in te vaar en rommel op te tel.
Marinda van As en Erin Martin van die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (GCBR) het sakke, handskoene en knypers gebring en ook saamgestap om hulle deel vir die omgewing te doen.
Die munisipaliteit het met hulle vullistrok ook die roete agterna gedoen en die rommel is dadelik opgetel.
Volgens Darryl Muller het hulle ten doel om God se skepping vir die nageslag te bewaar en terug te gee soos wat Hy dit gegee het.
Talle organisasies soos die Rovers-rugbyklub se sewesspan, kerke en kleuterskole het deelgeneem.
Hierdie poging sal nou op 'n gereelde basis gedoen word en Darryl sê dat hulle ook besig is met 'n bewusmakingsveldtog in die gemeenskap en skole.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’