RIVERSDAL NUUS - Hessequa se jong atlete het verlede week tydens die SA kampioenskappe in Mpumalanga hul merk gemaak.
Hulle was deel van die SWD-span wat aan die kompetisie deelgeneem het.
Die span se toewyding en harde werk het nie ongesiens verbygegaan nie, en die Hessequa-gemeenskap het rede om trots te wees op hul prestasies.
’n Spesiale vermelding gaan aan Eugene Saayman, wat met ’n goue medalje teruggekeer het en as die beste atleet in die o. 11-seunsafdeling in Suid-Afrika aangewys is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’