HEIDELBERG NUUS - Dié dorp, en veral die Heidelberg-polisiediens, het gistermiddag een van hul geliefde lede vaarwel geroep.
Sers. Ruben Lotz (44) het Saterdagmiddag, 25 Oktober, na ses weke in die waakeenheid van Life Bay View-hospitaal in Mosselbaai sy stryd verloor.
Lotz was vir 21 jaar 'n getroue, lojale en passievolle lid van die plaaslike polisie, waartydens hy ook as hofordonnans gedien het.
Benewens dat die boorling van Slangrivier 'n getroue geregsdienaar was, was hy ook 'n passievolle ondersteuner van die plaaslike Heibi-rugbyklub.
Hy was ook 'n talentvolle musikant van sy geliefde Young Royal Shepherds Kersfeeskoor.
Hy laat sy vrou, Synthia, en twee seuns agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’