HEIDELBERG NUUS - Shahida Africa van Heidelberg en werksaam by Swellendam-hospitaal is Woensdag 4 Desember as werknemer van die jaar 2019 aangewys.
Die verrigtinge is in Swellendam-stadsaal gehou waartydens die departement van gesondheid al die toppresteerders in die Swellendam-streek vereer het. Africa dien tans haar een jaar gemeenskapsdiens uit en hoop om volgende jaar permanent aangestel te word.
Sy het op 12 April haar BA-graad in verpleegkunde tydens Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se gradeplegtigheid in ontvangs geneem.
Sy het in 2005 by Kairos Senior Sekondêre skool gematrikuleer waarna sy as klerk by 'n plaaslike bank tot einde 2014 gewerk het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'