HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het in die vroeë oggendure van Dinsdag 17 Desember een van sy prominentste jeug- en politieke aktiviste aan die dood afgestaan.
Die 27-jarige Christoline (Piekie) Hermanus (née Paige) het in die Groote Schuur hospitaal gesterf.
Volgens haar man Nico was sy geruime tyd weens 'n vergrote milt nie gesond nie. Die orgaan sou Dinsdag verwyder word. Sy is 'n week gelede van George-hospitaal na Groote Schuur oorgeplaas.
Sy was baie bekend vir haar betrokkenheid by die ANC, waar sy ook as wyksraadslid van wyk 4 benoem was. Sy het verlede jaar by die DA aangesluit.
Buiten haar eggenoot laat sy 'n dogter, haar suster Bonita en haar pa Johnny Paige agter.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'