HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het die gemeenskap gevra om hulle Moedersdag ‘bederfdaad’ aan ons te stuur.
Hier is een die van eerstes wat ons ontvang het.
Danelle Oosthuizen (9) van Albertinia het haar ma, Yolande op Moedersdag bederf deur haar te help om groente te skil.
Sy sê haar mamma berei altyd heerlike kos vir hulle voor.
Jy kan steeds jou foto en inligting vir ons stuur voor Donderdag 24 Mei. Stuur dit na san-marie@groupeditors.co.za.
Danelle het hierdie brief vir Suid-Kaap Forum geskryf.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'