RIVERSDAL NUUS - Bloeddienste sal weer Donderdag 18 Oktober vanaf 15:00 tot 18:45 by die Burgersentrum in Van den Bergstraat wees.
Indien jy meer as 50kg weeg, gesond en ouer as 16 jaar is kan jy gaan skenk.
Maak seker jy eet minstens drie tot vier ure vooraf en drink baie vloeistof gedurende en nadat jy geskenk het.
Onthou dat jy ’n ‘kossakkie’ waarin jy gerieflik jou middagete werk toe kan neem, ontvang indien jy vanjaar viermaal skenk.
Vir meer inligting beskoek hul webtuiste by www.wpblood.org.za of skakel 021 507 6300.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'