HESSEQUA NUUS - Die skool het op 13 Junie deelgeneem aan die finale ronde van die Hessequa-munisipaliteit se modeparade. Alle uitrustings word slegs uit herwinbare materiaal gemaak.
Agt van die skool se modelle het die kollig én harte gesteel met hul pragtige tabberds wat onder leiding van Benjamin Duminy ontwerp en gemaak is. Berrunique Koeries, gr. 6-leerder is as 'n wenner aangewys.
Die skool bedank die munisipaliteit wat die funksie gereël het, vir die prysgeld van deelnemers en die wegneemetes.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'