HEIDELBERG NUUS - Ashwille, seun van Elizabeth en wyle Martin Riddles het op 14 Junie sy Honeursgraad in Publieke Administrasie vanaf UNISA in Kaapstad ontvang.
Riddles, wat sy skolastiese opleiding by De Waalville Primêr en Kairos Senior Sekondêr voltooi het, het sy B.comm-graad in 2006 deur die Noordwes Universiteit, Potchefstroom Kampus verwerf.
Hy het in 2007 by Hessequa-munisipaliteit as rekenmeester begin werk tot in 2015 toe hy by Overberg distriksmunisipaliteit as hoof risiko beampte aangestel is, waar hy uitsluitlik verantwoordelik is vir risikobestuur in die streek, wat onder meer Kaap Agulhas, Overstrand, Theewaterskloof en Swellendam-munisipaliteite insluit. Hy is steeds werksaam in die posisie by die hoofkantoor in Bredasdorp.
Riddles het in 2016 vir sy honeurs ingeskryf en dit teen 15 Maart vanjaar voltooi. Hy beoog om sy meestersgraad in 2019 te begin. "Ek wil my familie, vriende en gemeenskap van Heidelberg vir hul gebede en ondersteuning bedank, want deeltydse studie plus ander verpligtinge vereis baie opofferinge en toegewydheid."
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'
.