Breaking News
JONGENSFONTEIN NUUS - ‘n Jong vrou het vroeër vanmiddag by die Jongensfontein-poel verdrink.
Die 31-jarige vrou, ‘n bekende inwoner op Stilbaai, het saam met haar man en ‘n klomp ander mense by die poel geswem. Volgens ‘n ooggetuie het sy op die rotse oorkant die poel gestaan toe ‘n brander haar afgeslaan het.
“Sy is deur die stroom uit die poel meegesleur, maar een van die strandgangers het ingeswem om haar uit te bring,” het kapt. Johan van Tonder, stasiebevelvoerder: Stilbaai-polisie gesê.
Sy is egter op die toneel deur dr. Kift, wat ook by die poel was, dood verklaar.
Die vrou se naam word nog nie bekendgemaak nie omdat al haar familielede nog nie kennis dra van haar afsterwe nie.
‘n Geregtelike doodsondersoek-dossier is geopen.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'