Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Maart verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues-projek, gerugsteun deur skenkings uit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan ons gereelde maandelikse borg, The Blinds Factory, Stilbaai vir skenkings. Enige skenking soos onder meer waslappe, wassponse, seep, babapoeier, lyfroom, musse, handskoene, nie-bederfbare produkte, kouse, sakdoeke, sagte lekkers (klein pakkies) en koekies is welkom. Dit hoef nie groot hoeveelhede te wees nie - elke enkele item help ons om met die projek vol te hou.
Skenkings kan by ons kantoor in Heidelbergweg 29, Riversdal afgelaai word of kontak ons sodat ons kan reël om dit by u af te haal.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Albertinia Versorgingsdienste: Piet Janse van Niekerk (08-03-1936) en Margie Meintjies (09-03-1931). Jan Lange, Riversdal: Emma Hunt (26-03-1934).
Ou Meule, Riversdal: Martha Cronjé (12-03-1934), Beatrix Crafford (18-03-1930), Alida van den Berg (26-03-1941) en Joan van Zyl (27-03-1936).
Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'