STILBAAI NUUS - Diederik het Die Waenhuis by Jagersbosch in Stilbaai behoorlik in 'n towerwêreld omskep met sy pragtige blomme.
Die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub het Diederik genooi om vir hulle te demonstreer wat hy met blomme, meestal uit die veld, boomtakke en dooie blare kan doen om 'n pragtige blominstallasie binne minute te skep.
Dit was ten tyde van hulle maandvergadering Dinsdag 18 Junie en die saal was volgepak.
Soms lyk dit asof hy net blomstele oral indruk, maar as hy terugstaan slaan sy skepping behoorlik jou asem weg.
Hy het die dames bederf met klein ruikers met letterlik drie proteas en klein bykomstighede tot 'n reuse installasie waaronder hulle kon staan.
Agterna het die tee gestaan en koud word, want almal wou eers met hom gesels of foto's neem van die pragtige blomme.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’