RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het 'n klagte oor die plaaslike verkeersdepartement ontvang.
Volgens die klaer kry hulle eers vir volgende jaar plek wanneer hulle afsprake maak. Volgens die persoon is daar agt bestuurs-beamptes, maar net een word gebruik. Die klaer se mening is dat jy blykbaar volgens wet slegs agt weke vir 'n afspraak moet wag.
Die koerant het Hessequa-munisipaliteit vir kommentaar genader:
Volgens Hessequa-beskermingsdienste beskik hulle oor 'n beperkte aantal toetsbeamptes en operasionele personeel.
Die beperkte personeelkapasiteit en begrotingsbeperkinge het beide 'n invloed op die hoeveelheid voertuiglisensie afsprake wat hanteer kan word. Afspraakversoeke word ontvang vanoor die Wes-Kaap provinsie en moet alle aansoeke volgens wetgewing geakkommodeer word.
Die beskermingsdienste beskik nie oor genoeg personeel om al hierdie aansoeke te akkommodeer nie en word die wagtydperk vir voertuiglisensie uitpasseering beïnvloed.
Hulle is verbind tot die verbetering van dienste wat aan die gemeenskap gelewer word. Die opleiding van beskermingsdienste personeel vind deurlopend plaas en bly die veiligheid van alle padgebruikers, eerste prioriteit vir Hessequa se beskermingsdienste.
Tans word verskeie keuses ondersoek om meer toetsings uit te voer en die wagperiode te verkort.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'