HEIDELBERG NUUS - 'n Middeljarige man van Heidelberg is op Vrydag 22 Julie in Kaapstad in hegtenis geneem terwyl hy besig was om koperkabels by 'n skrootwerf in te ruil.
Volgens ao. Joseph Swartbooi, Wes-Kaapse mediabeampte, het polisiebeamptes die 57-jarige man by 'n skrootwerf in Maitland genader terwyl hy besig was om koperkabels te verkoop.
Die man kon nie voldoende redes verskaf waarom hy in besit van die goedere was nie.
Die polisie het hom in hegtenis geneem op aanklag van besit van beweerde gesteelde eiendom.
Hy sal vandag Maandag 25 Julie in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Hy bly tans in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'