MOSSEL BAY NEWS - Mossel Bay Methodist Church
The Mossel Bay Methodist Church hosts a Carol Service on 24 December at 09:00 at the church in Queen Street. On Christmas Day, 25 December a service will be hosted in the Mossel Bay Town Hall at 08:00. The Watchnight Service is hosted on New Year's Eve, 31 December at 23:15. Enquiries: 044 691 2376.
Mosselbaai AGS
Die Mosselbaai AGS hou op Sondag, 17 Desember twee byeenkomste, om 08:30 en 10:15 onderskeidelik, asook op 31 Desember wanneer 'n gaskunstenaar sal optree. Op Sondag, 24 Desember en 7 Januarie, is daar slegs een byeenkoms om 09:30. Die Kersbyeenkoms word op 25 Desember om 08:00 in die stadsaal gehou in samewerking met ander gemeentes. Die gemeente se gebou is in Da Nova, Da Gamastraat 36. Navrae: 044 690 3384.
NG Kerk Moedergemeente
Koos van der Merwe, prediker, skrywer en sanger tree op 17 Desember tydens albei oggenderedienste om 08:00 en 10:00 op. Hy stel ook by hierdie geleentheid sy nuwe CD bekend. Op Kersdag, 25 Desember word drie oggenderedienste gehou 06:30, 08:00 en 09:30. Die gemeente bied ook dan hulle Streetwise for Jesus-projek aan. Dan bring alle kerkgangers op Kersdag ‘n ekstra bord kos saam skep en bring dit saam na die eredienste. Die kos word dan vanaf 12:00 in die groter Mosselbaai-omgewing versprei.
Op Sondag, 8 Januarie 2018 tree Oscar Ehrensperger by die gemeente op. Navrae: 044 691 2465.
St Peter's Anglican Church
This beautiful church, also a heritage building, is open to the public on a daily basis from 08:00 to 17:00. For further enquiries regarding service times, contact 044 691 2384.
NG Kerk Mosselbaai-Suid
Die NG Mosselbaai-Suid bied op 25 Desember verskeie kerkdienste aan in die kerkgehou om 08:30 en 10:00. Jan de Wet tree op in die kerksaal om
08:30. Dienste word ook aangebied op Vleesbaai om 07:00 en 09:00; op Boggomsbaai om 07:00 en 09:00. Sondageredienste gedurende die seisoen word in die kerkgebou en ook op Vleesbaai om 09:00. Navrae: 044 690 3552.
St Thomas Catholic Church
Another one of Mossel Bay's historical sandstone buildings. For more information on church services hosted during the festive season, contact 044 690 5176.
NG Kerk Hartenbos
Ds Johan van der Walt bied op 16 Desember 'n Geloftediens aan in die ATKV-amfiteater om 08:00. Op Sondag, 17 Desember is daar 'n diens in die amfiteater om 08:00 en in die kerkgebou om 10:00 en 19:00. Op 24 Desember, word 'n diens gehou in die amfiteater om 08:00, asook in die kerkgebou om 10:00 en om 20:00 is daar Kersliedere by kerslig ook in die amfiteater. Op Kersdag, 25 Desember, is daar Kersdienste om 06:30 en 08:00 in die kerkgebou, asook om 08:00 in die amfiteater saam met gasspreker Sheri Brynard. Nagmaal word bedien. Besoekers word versoek om by die amfiteater-ingange ‘n nagmaalpakket (per gesin) te kry.
Indien dit reën tydens die eredienste in die amfiteater, skuif die dienste na die kerkgebou. Navrae: 044 695 0440.
New Life Church
New Life Church is holding a traditional carol service at 18:00 on 24 December. Christmas Day services will take place at 08:30 and 10:30. On 31 December, New Year's Eve services are at 08:30 and 10:30.
Enquiries: 044 693 2159.
NG Kerk Groot-Brakrivier
Op Kersdag hou die gemeente vier eredienste, geskeduleer om 07:00, 08:00, 09:00 en 10:00 op 25 Desember. Die Oujaarsdiens word gehou op 31 Desember om 23:00. Navrae: 044 620 2205.
AGS Greenhaven, Groot-Brakrivier
Die gemeente hou hulle Kersdiens om 09:00 op 25 Desember. ‘n Oujaarsdiens vind plaas op 31 Desember om 22:00. Navrae: 082 458 5430.
NG Kerk Reebok
Gedurende die feesseisoen tot Sondag, 14 Januarie hou die gemeente eredienste om 09:00 in die Strooidakkerk op Klein-Brakrivier (Meyerstraat), asook in die Reebokkerk (Impalaweg). Op Kersdag, 25 Desember is daar drie byeenkomste in die Reebok-kerkgebou om 07:00, 08:30 en 10:30. Daar is ook twee Kersdiente in die Strooidakkerk om 07:00 en 08:30. Navrae: 044 696 6685
KomTuis Christengemeente
Dienste word gehou by Floraweg 204, Danabaai. Kindertoesig is beskikbaar by alle byeenkomste. Navrae: 072 137 3535
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'