Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Nieteenstaande haar omstandighede wat ongeveer 44 jaar gelede drasties verander het, het dit nie vir Magdalena Hoffman gekniehalter om bo haar omstandighede uit te styg nie.
Vir Hoffman, bekende kitaarspeler van Joe Slovo Park wat op 11-jarige ouderdom die gebruik van haar bene verloor het, het dié struikelblok eintlik as motivering gedien.
Dié enkelma van een seun en drie kleinkinders het Maandag 17 Junie haar 55ste verjaarsdag gevier.
Sy was ’n talentvolle atleet by De Waalville Primêr toe sy tydens die 4x100m aflos op Riversdal geval en haar laerug beseer het. Sy het ook tering in haar rugwerwels ontwikkel.
Na drie rugoperasies en tydens haar verblyf in Prinses Alice Ortopediese-hospitaal, het sy die kitaar opgeneem en voltyds lesse geneem.
Tydens die video-onderhoud het Hoffman ‘Niks is onmoontlik in Sy Naam’ gesing.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'