STILBAAI NUUS - Johannie Vermeulen en Adolf Botes van Stilbaai Kelders het twee bottels Franse Bordeaux Blend-wyn ter herdenking van die 1991 Rugbywêreldbeker gehad en besluit toe om 'n aanlynveiling ten bate van Jagersbosch-gemeenskapsdienssentrum te hou.
Die veiling het Vrydag 27 Oktober begin en daar kon tot Saterdag 28 Oktober om 15:00 gebie word. Johannie sê Saterdag om twee minute voor drie het die finale bod gekom van 'n paartjie van Pretoria vir R8500 met donasies.
Die wyn is dus verkoop vir R2 000, maar sommige bieërs het die bedrag wat hulle onsuksesvol gebie het geskenk en daar was ook 'n klompie donasies.
Dit was dus met dankbare harte dat hulle Dinsdag 31 Oktober 'n tjek ter waarde van R8 550 kon oorhandig aan Wessel Linström, bestuurder van Jagersbosch-gemeenskapsdienssentrum.
Soos almal al bewus is, het die regering Jagersbosch se subsidie geweldig gesny en hulle maak staat op inisiatiewe soos dié asook die ruimhartigheid van die Stilbaai-gemeenskap.
Die twee bottels wyn wat opgeveil is ten bate van Jagersbosch-gemeenskapsdienssentrum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’