Marieta van Wyk, die burgemeester se persoonlike assistent is in beheer van die unieke projek en vertel dat sy juis nog in proses is om gelukkige wenners per brief in kennis te stel. "Albertinia, Melkhoutfontein, Riversdal, Slangrivier en Heidelberg het groot getalle en gaan daar van 12 tot 25 September 'Wonderbags' uitgedeel word in dié gemeenskappe". Slegs geïdentifiseerde persone sal van die Wonderbags ontvang, omdat net 'n beperkte voorraad ontvang is om uit te deel aan die gemeenskap.
Die burgemeester verduidelik dat 'n proses geloods is waar gelukkige nommers getrek is, pro-rata volgens die aantal deernisgevalle per wyk en is aan deernishuishoudings toegeken. Die kleiner hoeveelhede het toegelaat dat dit oorhandig kon word aan die inwoners wat dit reeds ontvang het, maar sal die ander toekennings gedurende September afgehandel word.
Hierdie projek is juis ten doel om krag te bespaar, veral vir die gebruiker en word gedryf deur die departement van omgewingsake. Die projek behoort teen einde September afgehandel te wees waarna meer volledig hieroor berig sal word, veral die toekenningsproses, juis om deursigtigheid te verseker.
Wat is 'n 'Wonderbag'?
Die 'Wonderbag' is ontwikkel met die doel om die sosiale, ekonomiese en omgewings impakte te verlig wat voorkom in vandag se globale omstandighede.
Die 'Wonderbag' is 'n nie-elektriese, warmhoudende 'cooker' wat kos wat tot kookpunt gebring is op 'n stoof of vuur, vir ure nadat dit vanaf die hittebron verwyder is, stadig te kook tot gaar deur die pot binne die 'Wonderbag' te sit. Enige maaltyd van vleis bredies, groente kerries tot eenvoudige rys en sop kan gaargemaak word. Die 'Wonderbag' se unieke en slim insulerings eienskappe is juis so ontwerp sodat 'n maaltyd, sonder addisionele energie, gaargemaak kan word. Buiten dat energie en tyd gespaar word is dit ook 'n goedkoop manier van kook.
Voordele van die 'Wonderbag'
Die 'Wonderbag' hou die volgende voordele in vir vebruikers:
*Dit kan 'n familie se gas gebruik met tot 30% verminder.
*Dit verminder CO² uitlaatgasse.
*Dit verminder giftige gasse wat asemhalings probleme en siektes verminder, veral by kinders.
*Dit verminder ongelukke in die kombuis aangesien stowe en parrafienstowe minder gebruik word.
*Dit verminder die tyd wat spandeer word om 'n maaltyd te kook.
*Dit bespaar water. Wanneer die pot geinsuleer is in die 'Wonderbag' teen 'n redelike konstante temperatuur, vind minder verdamping plaas, so minder water word benodig.
*Dit bespaar kos, navorsing het bevind dat ongeveer 20% van alle stapel voedsel in Afrika gebrand word tydens die voorbereidingsproses omdat dit voorberei word op oop vure. Met die 'Wonderbag' vind geen verbranding van kos plaas nie.
Die groep inwoners het die afgelope week elk 'n 'Wonderbag' ontvang vanaf Hessequa munisipaliteit. Die uitvoerende burgemeester, rdl. Emor Nel staan tweede van links. Foto's: Louise Mouton.