Corine het die eerste paar maande die oefeninge aangebied, maar nadat ander verpligtinge haar verhoed het om voort te gaan, het die groep besluit om op hulle eie aan te gaan onder leiding van Cynthia Mostert.
Die oefeninge is 'n samestelling van biokinetika en pilatus wat die dames almal meer soepel maak, maar ook om hul spiere fermer te maak. Wanneer Cynthia Kaap toe gegaan het, het sy ook altyd met nuwe oefeninge teruggekom wat haar dogter se persoonlike instruktrise aanbeveel het.Cynthia het dit dan in hul oefeninge inkorpereer sodat die spiere nie te gewoond raak aan een soort oefening nie.
Omdat die dames almal van veskillende ouderdomme is, doen elkeen die oefeninge teen haar eie krag en pas. Niemand word gedruk om 'n oefening te doen wat hulle gesondheid (byvoorbeeld rugprobleme) benadeel nie. Die oefengroep gaan net van krag tot krag en daar is sommige dae tot 15 dames wat saam oefeninge doen. Dames wat saam met hulle wil kom oefen is welkom. Neem net jou eie mat (spons of handoek) en bal saam. Hulle verskaf die musiek en rekbande.
Hierdie jaar wil hul ook besoekers aan Witsand uitnooi om saam met hulle oefeninge te kom doen tot 19 Desember 2013 wanneer hulle sluit vir die vakansie. Die oefengroep sal weer begin oefen op 6 Januarie 2014. Kontak gerus vir Cynthia Mostert by 082 322 4627 vir verdere besonderhede of navrae.

Cynthia se oefengroep van Witsand in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'