WITSAND NUUS - 'n Groep besorgde inwoners van Witsand sit met hul hande in die hare oor rioolwater wat mag vloei uit die rioolsuiwereringsaanleg in 'n aangrensende vlei en dalk op 'n ekologiese ramp kan afstuur.
Dié inwoners is bekommerd dat die uitvloei van rioolvuil tot ernstige besoedeling kan lei of selfs die omgewing nadelig kan raak.
Die afgelope ruk is verskeie video's en kommentaar op sosiale media geplaas om die hele rioolsage in die kollig te plaas.
Inwoners reken die rioolnetwerk het sy maksimum kapasiteit bereik, maar nuwe uitbreidings word steeds toegelaat.
Maar dit blyk of die rioolwater wat nou in die vlei mag vloei, die strooitjie was wat die kameel se rug geknak het.
Inwoners sê die spesifieke "dam" het nog nooit water in gehad nie.
"Op 2 Mei vanjaar is daar gerapporteer dat daar rioolwater in die dam is met geen maatreëls in plek om die natuurlike water te beskerm teen die ernstige probleem nie.
Daar is glo toetse gedoen op die water in die vlei en 'n organisme, wat positief verbind word met menslike afval, clostridium perfingens, is in die vleiwater geïdentifiseer.
Suid-Kaap Forum het die probleem met rioolwater wat uitvloei aan Hessequa-munisipaliteit vir kommentaar voorgelê. Sien hul antwoord in vandag se Suid-Kaap Forum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’