Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Riversdal se strate was Vrydag 1 Mei, die eerste dag van vlak 4-inperkings, redelik stil. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat dit Werkersdag was en van die winkels nog nie na vlak 5 oopgemaak het nie.
Saterdag was daar heelwat meer mense in die dorp wat vir die eerste keer in ’n maand veral kinderklere, wintersklere en komberse kon koop.
By die winkels is klante se hande gereinig en slegs die aanbevole aantal mense is binne toegelaat. Goedere wat nie te koop was nie, is duidelik gemerk of afgesper.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'