ALBERTINIA NUUS - Boere van Willowmore in die Oos-Kaap trek swaar as gevolg van die droogte.
Tobie Oosthuizen van die plaas Uitkyk het besluit om na hulle uit te reik.
Hy het op 18 Februarie vir Vanie Oosthuizen van Albertinia Meubelvervoer genader om voer vir die Boerevereniging in Willowmore aan te ry.
Vanie het nie 'n oomblik gehuiwer om te help nie en ingewillig om die 21 ton gars ongeveer 40km anderkant Willowmore af te lewer.
Enigiemand wat voer kan skenk of vir enige navrae kan vir John Moorre kontak (082 340 0808).
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'