SWELLENDAM NUUS - Nagenoeg 200 werkers van Southern Oil (SOILL) op Swellendam, het besluit om meer druk op hul werkgewers te sit deur te staak.
Die staking het reeds vanoggend (Vrydag 17 Mei) om 02:00 begin.
Die werkers is almal lede van BAWUSA, onder leiding van Nosey Pieterse, bekende gemeenskap- en vakbondaktivis.
Hulle het vanoggend alle ingange versper, maar die pad rondom die fabriek is nou oop. Die plaaslike polisie, asook lede van die Openbare Orde Polisie Eenheid (Pops) is op die toneel. Samesprekings tussen die bestuur en werkers sal Maandag voortgesit word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa, nuus'