Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Inwoner van Heidelberg wat dit self nie baie breed het nie, het met die oog op die komende winter besluit om na die Smurfs-speelgroep uit te reik deur 'n klompie gebreide pantoffeltjies en wolmussies aan hulle te skenk.
Dié onbaatsugtige gebaar is deur Mariana Jacobs van Diepkloof op Dinsdag, 11 Mei gedoen.
Volgens haar het sy besluit om dit te doen omdat sy gesien het dat daar 'n nood in haar kontrei is.
"Ek het opgelet dat daar baie kinders sonder iets warms in die buurt is en het dit toe goed gedink om met Beadricks Kalmashe, prinsipaal van Smurfs te praat oor so 'n skenking aan haar speelskool."
Kalmashe was in haar skik om die 12 paar wolmussies en pantoffeltjies saam met die kleuters in ontvangs te neem.
Belangstellendes wat ook skenkings wil maak, kan Kalmashe kontak (084 715 8785).
Die snoesige wolmussies en booties. Foto’s: Clive Pretorius
Vorige artikel: Welkome skenking vir die winter
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'