HEIDELBERG NUUS - Probleme word met die kleur en kwaliteit van Heidelberg se water ondervind.
“Hessequa-munisipaliteit is tans indringend in gesprek met Overberg Water wat die water aan die munisipaliteit verskaf om hierdie probleem so gou moontlik aan te spreek,” het Didi Budricks, munisipale mediawoordvoerder die versekering gegee.
Watertrokke sal in die geaffekteerde gedeeltes sirkuleer en inwoners word aangeraai om nie die geaffekteerde water te drink nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'