Update
HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het aangekondig dat uitdagings met die voorsiening van skoon water aan Heidelberg en Slangrivier sal duur tot Saterdag, 2 Desember.
Heidelberg het stoorkapasiteit van 2,2 ML en die huidige vlakke van die reservoirs staan op 10%.
Die munisipaliteit sê in ‘n verklaring die oorsaak van die ”enorme wateruitdaging” is dat Overberg Water, die waterowerheid vir Heidelberg, die naweek van 25 November (tydens beurtkrag) nie hul aanleg bedryf het nie.
“Toe die water uiteindelik uit hul aanleg vrygelaat is, was dit vuil en het dit die skoon water in die munisipale waterstelsel besoedel. Op Maandag, 27 November is verdere vertragings ondervind as gevolg van 'n hoofpypleidingbreuk by Overberg Water,” sê Didi Budricks, die munisipaliteit se hoof van obenbare betrekkinge en administrasie.
Hessequa ontvang bystand van George- en Overstrand-munisipaliteite wat watertrokke gestuur het om te help met die voorsiening van water aan die geaffekteerde gemeenskappe. Agt vragmotors met 'n totale kapasiteit van 79 000 liter word van Riversdal na Heidelberg en Slangrivier aangery.
“Overberg Water het vanoggend (28 November) vanaf 06:00 begin om water te lewer teen 'n tempo van 700 liter per minuut, wat direk binne die retikulasiestelsel na Heidelberg Oosdorp gepomp word. Die reservoir wat die Heidelberg Wesdorp (Skoolkop) van water voorsien, word tans skoongemaak. Huishoudings in hierdie deel van die dorp word deur watertrokke bedien.
“Sodra die skoonmaak van die Skoolkop-reservoir afgehandel is, sal die toevoer vanaf Overberg Water na die reservoir omgeskakel word, die retikulasienetwerk sal gespoel word, en huishoudings sal dan direk via die netwerk van water voorsien word.”
Inwoners kan 028 713 7994 of 028 713 7995 kontak (beskikbaar 24 uur) indien hul navrae het in die verband. Die gemeenskap word versoek om water spaarsamig te gebruik.
Water problems in Heidelberg and Slangrivier set to continue until Saturday 2 December
Hessequa Municipality anticipates challenges with the supply of clean water in the towns of Heidelberg and Slangrivier until Saturday 2 December 2023.
Heidelberg has storage capacity of 2.2 ML and the current levels of the reservoirs stand at 10%.
The municipality says in a statement that the cause of this “enormous water challenge”, is that Overberg Water, the water authority for Heidelberg, did not run their plant on the weekend of 25 November (during loadshedding).
“When the water was finally released from their plant, it was dirty and contaminated the clean water in the municipal water system. On Monday 27 November further delays were experienced due to a main pipeline break at Overberg Water,” says Didi Budricks, Hessequa Municipality head of public relations and administration.
Hessequa is receiving assistance from George and Overstrand Municipalities who have sent water trucks to assist with providing water to the affected communities. Eight trucks with a total capacity of 79 000 litres are driven from Riversdal to Heidelberg and Slangrivier.
“Overberg Water started delivering water from 06.00 am this morning at a rate of 700 litres per minute, which is pumped directly within the reticulation system to Heidelberg Oosdorp. The reservoir that supplies the Heidelberg Wesdorp (Skoolkop) with water is currently being cleaned. Households in this part of town are served by water trucks.
“As soon as the cleaning of the Skoolkop reservoir is completed, the supply from Overberg Water to the reservoir will be switched, the reticulation network will be flushed and households will then be directly supplied with water via the network.”
Residents can contact 028 713 7994 or 028 713 7995 (available 24 hours) if they have any queries in this regard. The community is requested to use water sparingly.
Vorige artikel: Heidelberg en Slangrivier se reservoirvlakke kritiek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’