Die saal was spoggerig opgemaak met lelies, vere en kerse. Die Voortrekkers het hul talente ten toon gestel met koddige opvoerings, pragtige sang en opgewekte Voortrekkerliedjies. Oud-oordleier, neef John Jackson en sy suster Magda het 'n paar staaltjies vertel uit vervloë se dae. 'n Sakkie sement het in daardie tyd 93c gekos - vandag draai dit al by die R93!
Soos gewoonlik was die ete pure Afrikana met onder meer spinasiesop, hoederpastei, skaapboud, patatrol en 'n heerlike nagereg.
"Die Voortrekkers kan met reg trots wees op hulle uitlewing van die ABC: Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap. Vir 50 jaar het hierdie organisasie aan Riversdal se kinders die geleentheid gegee om te groei en gevorm te word in hierdie aspekte," het kommandant Tielman Roos tydens die geleentheid gesê.
Hy het die gemeenskap bedank wat die Voortrekkers ondersteun, asook al die vrywilligers wat hierdie organisasie se werking moontlik maak. Kyk uit vir die Voortrekkers se rekord aanslag op die braai van die langste stokbrood; 25m!

Van links is kommandant Tielman Roos, nig Gerda van George Kommando en nig Ena Geldenhuys.