RIVERSDAL NUUS - Indien jy 'n vrywillige gees het, moet jy by Cansa se opleiding vir vrywilligers aansluit.
Nuwe vrywilligers sal op 3, 4 en 5 April opgelei word.
Geen praktiese verpleegkunde soos bed-bad of wond versorging is deel daarvan nie. Die enigste praktiese hulp is om vir 'n rolstoel, spesiale matras, skaapvel ensovoorts te reël.
Al kwalifikasie wat jy moet hê is empatie, verdraagsaamheid en liefde.
"Ek is al 15 jaar vrywilliger vir Kansa en ek beskou dit as 'n groot voorreg om nou deel van my pasiënte se lewens te kan wees.
"Daar was hartseer tye en ek het al baie gehuil maar, om te weet dat ek selfs die kleinste verskil in 'n pasiënt se lewe gemaak het, het my onmeetlike vreugde gegee en dit was voldoende."
Kansa sal opleiding en ondersteuning bied om jou in staat te stel om met mense met kanker te werk. Jy sal alles leer oor die siekte en wat die behandeling behels en hoe om die emosionele behoeftes van die pasiënt te hanteer.
Kansa kan nie finansiële hulp bied nie en dit sal ook nie van jou verwag word nie.
Die belangrikste is om aandag aan die pasiënt se emosionele behoeftes te gee.
Luister, bid as gevra word of net teenwoordig te wees en 'n familielid ondersteun indien nodig, is van die kleiner maar, belangrike dinge wat 'n pasiënt nodig het.
Indien jy belangstel, skakel vir Sal Carter by 078 519 2221 of Anina by 082 357 2916.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'