STILBAAI NUUS - Vryeweekblad se tweede boekefees word van Vrydag 24 Februarie in die Baptiste-kerksaal in Stilbaai aangebied. Dit eindig op Sondag 26 Februarie.
Die fees begin om 10:00 by die Stilbaai-rolbalklub met 'n Italiaanse kosdemonstrasie deur die oud-Stilbaaier, Reinette Anastagi.
Vrydagaand gaan Max du Preez, Annelise Burgess, Anastasia de Vries en prof. Piet Croukamp gesels oor "Hoe oorleef ons SA se donker uur?"
Op Saterdag se volgepakte program gesels Daniël Hugo met Federik de Jager en Chanelle Paul oor die plek in die "plek" in skryfwerk.
Daar sal ook kosstalletjies by die Baptiste-saal beskikbaar wees.
Saterdagaand gaan Max du Preez en Jacques Pauw die dag afsluit met 'n gesprek wat groot belangstelling sal uitlok.
Die boekfees word Sondag afgesluit met 'n 8,2 km-staptog saam met Nico Steenkamp om die mooie Stilbaai te ervaar. Dit begin en eindig by die hawe.
Navrae kan gerig word aan stilboeke@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'