RIVERSDAL NUUS - Die SWD-sirkel van die Vroue Landbouvereniging Kaapland (VLVK) het hulle 88ste kongres Woensdag, 2 Maart in Riversdal NG-kerksaal gehou.
Verteenwoordigers van 16 takke was teenwoordig.
Die gasvroutakke, Riversdal en Heidelberg het gesorg dat alles klopdisselboom verloop.
Die verrigtinge was afgesluit met die aankondiging dat die 2023-kongres deur George en Blanco aangebied sal word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'