Update
RIVERSDAL NUUS - Sleeping Beauty Quilters het Maandag 8 Oktober die voorreg gehad om die bekende Jane Renton te verwelkom.
Renton is bekend vir haar handgestikte kwiltwerk, waarvoor sy reeds internasionale pryse gewen het. Hanlie Burger van Amafu-hand dyed fabrics het van die lap wat hul maak uitgestal.
Voorsitter Esther Snyman het gesê: "Ons is baie opgewonde dat ons vir Jane en Hanlie vandag hier kan hê. Amafulap is nie plaaslik beskikbaar nie, maar met Hanlie se moeite kan ons vandag sommer daarvan aanskaf.
"Ons het baie by Jane geleer en haar unieke handewerk het ons weer wonderlike nuwe idees gegee."
Sleeping Beauty Quilters kom elke derde Donderdag van die maand by NG Kerk Riversdal-Wes bymekaar.
Indien jy meer van Amafu wil weet skakel Hanlie by 031 764 1312.
Lees 'n vorige artikel hier: Meer as net laslappies
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'