RIVERSDAL NUUS - 'n Vrou van Knysna wat op die N2, rigting Riversdal gereis het, het ongeveer 5km buite die dorp beheer oor die VW Polo waarna dit die pad verlaat en aan die oorkant deur 'n draad gebars en in die veld tot stilstand gekom het. Die voorval het vandag (10 Oktober) ongeveer 12:30 gebeur.
Sy is slegs lig beseer en is per ambulans vir observasie na Riversdal-hospitaal geneem. Geen ander voertuie was betrokke nie.
Lt kol Delicia Isaacs vra mense om op die uitkyk te wees vir die nooddiensvoertuie terwyl die voertuig verwyder word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'