HEIDELBERG NUUSFLITS - ‘n 26-Jarige vrou is Dinsdag 27 Maart op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat sy in die hof op aanklag van besit van Mandrax verskyn het.
Die beskuldigde, ’n ma van ’n drie maande-oue baba, is vroeër die oggend ongeveer 02:20 gearresteer toe die polisie die taxi waarin sy ’n passasier was, by ’n padblokkade op die N2 afgetrek en deursoek het.
Ongeveer 2 200 mandrax-pille ter waarde van R220 000 was blykbaar tussen die baba se klere versteek.
Sy verskyn weer op 26 Mei in die hof.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'