RIVERSDAL NUUS - 'n Vrou is vroeër vanaand (Saterdag 15 Oktober) in hegtenis geneem op aanklag van moord.
Sy het na bewering 'n 50-jarige vrou om ongeveer 16:20 in Whitestraat, Riversdal met 'n skerp voorwerp gesteek.
Die vrou is op die toneel oorlede.
Die verdagte sal Maandag 17 Oktober in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'