Gallery
MELKHOUTFONTEIN NUUSFLITS - Ongeveer 1 300 mense van Melkhoutfontein en Stilbaai het Donderdag 30 November saam aan die langste tafel in Rooipitjieweg in Melkhoutfontein gesit en ‘n ete geniet.
Volgens Jenny Olivier, wat dié inisiatief drie jaar gelede vir die eerste keer van stapel gestuur het, het selfs meer mense as die vorige jaar die ‘Lang Tafel van Vrede’ ondersteun en gesellig saam verkeer.
Dit is vanjaar weer deur Badisa, Ouma Lena se Huis en die plaaslike polisie georganiseer.
Hessequa-burgemeester Grant Riddles het ‘n bewys van dankbaarheid aan past.
Jan Kleynhans en eerw. Susan Roode oorhandig, waarna hy die gaste ernstig toegespreek het oor die belangrikheid van gesonde huishoudings.
Ongeveer 1 300 mense van Melkhoutfontein en Stilbaai het by die Langste Tafel aangesit vir ete.
Die gasspreker was Anthony Hall, stigter van R.A.E.L. (Recovering Addicts Empowering Lifes) en dié nie-winsgewende organisasie se rehabilitasieplaas, House of Davnik.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'