Breaking News
HEIDELBERG NUUSFLITS – ‘n Vragmotor wat van Mosgas na Kaapstad onderweg was, se regter voorband het ‘n paar kilometer buite Heidelberg (Riversdal-kant) gebars.
Die bestuurder kon daarin slaag om die vragmotor tot stilstand te bring, hoewel dit die een baan van die N2 heeltemal versper.
Nooddienste en verkeersbeamptes is op die toneel en ‘n stop-en-ry is in plek gestel.
Volgens adjudant offisier Alroy Windvogel, kommunikasiebeampte, kon dit baie slegte gevolge gewees het indien die bestuurder nie kop gehou het nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'