HESSEQUA NUUS - Vyf strate, waarvan drie in Witsand en twee in Stilbaai is nou amptelik munisipale verantwoordelikheid.
Steenbrasstraat, Geelstertstraat en Joseph Barry Rylaand (Witsand), asook Versfeldstraat en Waterblomrylaan (Stilbaai) is vir etlike jare deur Hessequa-munisipaliteit onderhou.
Tydens 'n 3 Desember spesiale raadsvergadering het Werner Manho, direkteur tegniese dienste die raad meegedeel dat die provinsiale regering hul bateregister onlangs nagegaan en ontdek het dat die paaie eintlik die munisipaliteit se verantwoordelikheid is.
Die ANC-komponent in die raad het die oordrag met 'n knippie sout aanvaar, maar die jarelange-instandhouding van die paaie bevraagteken.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'