Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Goeie nuus vir besoekers hierdie vakansie aan dié kusdorp, maar veral die plaaslike gemeenskap wat die R305 daagliks moet ry, is dat die konstruksiewerk nou vinnig einde se kant toe staan.
Volgens WJ du Toit van Martin & East beoog hulle om alle stop-en-ry punte op 16 Desember weg te neem en dat die pad weerskante oop sal wees, wat verkeersvloei sal bevorder.
Jaarliks kom sowat 40 000 tot 50 000 vakansiegangers na Stilbaai en Jongensfontein en die hoeveelheid verkeer daagliks was nog altyd ‘n probleem.
Vanjaar sal beslis ‘n bepalende faktor wees om te sien of die nuwe pad wel die antwoord was.
Hoewel alle werk nie teen 16 Desember voltooi sal wees nie, hervat die kontrakteur werk op 8 Januarie 2018 en na verwagting behoort dit teen Maart/April voltooi te wees.
Intussen word motoriste gevra om geduldig te wees en ander padgebruikers in ag te neem.
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL, VIDEO & FOTO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaa, Hessequa nuus'