Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Crystal Pietersen-Grootboom, die skoolhoof van Voorwaarts Primêr op Riversdal met 'n leerdertal van sowat 800, wil 'n holistiese benadering tot die skooljaar volg.
“Dit is ons leuse om 'n positiewe leerkultuur te kweek deur ons klasse so kreatief, aantreklik en aanloklik te maak sodat ons leerders in 'n gesonde, vriendelike omgewing kan leer.
"Die leerdergetalle het die afgelope jare aansienlik gegroei. Dit verryk ons moraal en dit motiveer ons om goeie waardes by ons leerders te kweek.
"Die departement van onderwys het 2021 geoormerk as die waarde-gedrewe jaar. En dit is ook ons doelwit.”
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'