Die verrigtinge is goed deur die verskeie gemeenskappe vanuit Heidelberg, Slangrivier sowel as die plaasdistrik buite Witsand, ondersteun.
Die 27 debutante het meer as R32 000 losgewoeker waarvan die drie wenners nagenoeg R10 000 ingesamel het.
Die prinsipaal het tydens haar toespraak die deelnemers, hul ouers, asook haar personeel en al die aanwesiges bedank vir hul ondersteuning om van die aand so 'n groot sukses te kon maak.

Die drie debutante het die meeste geld ingesamel. Van links is Chloe Davids, Jay-Lee Bayman en Shaiida Jacobs. Agter staan hul trotse ouers saam met die prinsipaal, Zandra Davids (tweede van links.
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'