HEIDELBERG NUUS - Eienaars van honde en katte op Heidelberg moet onthou van die sterilisasieklinieke op Maandag 13 en Dinsdag 14 Julie.
Dit sal by die Duivenhoks-gemeenskapsaal plaasvind.
Die sterilisasieklinieke is slegs vir persone met geen inkomste, woonagtig in Heidelberg. Bewys van adres, asook ‘n munisipale rekening moet getoon word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'