RIVERSDAL NUUS - ‘n Voetganger is vandag (Vrydag 7 Desember) omstreeks 15:20 op die N2 naby Riversdal-begraafplaas raakgery.
Hoewel hy slegs ligte beserings opgedoen het, is hy na Riversdal-hospitaal vervoer. Hy was stabiel op die toneel.
‘n Ooggetuie het gesê dat die man in ‘n ongemaklike posisie gelê het, wat dit veel erger laat lyk het.
Die plaaslike polisie en verkeer, EMS, sowel as Hessequa-brandweer was op die toneel.
Volgens die brandweer was die toneel vinnig opgeruim.
Die saak word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'