RIVERSDAL NUUS - ’n Vragmotorbestuurder wat ’n harttoestand op die N2 ervaar het, is hospitaal toe geneem.
Volgens die polisie het die man omstreeks 07:00 op Vrydag 8 November sowat 3 km buite Riversdal siek geword.
Hy het sy vragmotor by die aftrekplek parkeer. Nooddienste was op die toneel en die man is per ambulans hospitaal toe geneem.
Geen verdere besonderhede is bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'