'n Plaaslike paneelklopper is getaak om die voertuig, wat heeltemal gesink het, uit te haal.
Die voorval het Sondagmiddag, 3 Augustus gebeur en die polisie is in kennis gestel.
Maj Chrisna Auret, stasiebevelvoerder; Riversdal Polisie het telefonies bevestig dat geen kriminele klagte aanhangig gemaak is nie.
"Die persoon het die voertuig aan die gang probeer kry deur dit aan die brand te stoot, waarna dit in die dam beland het.
Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie en nadat die polisie die toneel besoek het, is die besoekers met 'n geleentheid terug dorp toe, sonder hul motor. Bewerings dat daar 'n groot partytjie gehou is toe die voorval gebeur het, kon nie gestaaf word nie.
Korentepoort Dam visitors had a narrow escape when their vehicle ended up in the dam. Apparently after the vehicle failed to start they tried a 'running start', but the attempt went horribly wrong and ended up in the dam.
A local panelbeater removed the vehicle Tuesday, 5 August. Nobody was hurt and no case opened at the police, as no law was broken.
Vir 'n vorige nuusflits, klik hier.

Die voertuig word na die oppervlak gebring.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'