STILBAAI NUUS - Die talentvolle jong dansers van Anwyn's Acro Dance Academy is vasbeslote om 2019 hul jaar te maak in die Dans in jou Taal-televisiekompetisie.
Verlede jaar was hul eerste probeerslag en selfs met redelik onervare dansers het hulle as die gehoorkeuse tydens die uitdunne wat in George gehou is, na die eindronde deurgedring.
In die finale ronde wat in Pretoria plaasgevind het, het hulle 'n spesiale toekenning verower vir die groep wat die meeste sedert die eerste uitdunne verbeter het.
Die eerste oudisies vir die 2019-kompetisie word Maandag 15 Julie in George gehou. Hulle neem hierdie jaar aan twee items deel. Aan die einde van die program kan die gemeenskap vir hul gunsteling op die SMS nommer, wat op die televisieskerm sal verskyn, stem. Daarvoor het Stilbaai se dansers jou hulp nodig - stem vir hulle, vra jou vriende om te stem en help so om die jong mense se droom te bewaarheid. Die program word om 19:00 op kykNet, DStv kanaal 144, uitgesaai.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'