HESSEQUA NUUS - Die jaarlikse Vleesbaai 4x4 wat deur die Oakdale-ondersteunersklub aangebied word, was weer vanjaar speelgenot oor die sandduine.
Altesaam 45 voertuig-eienaars is op humo-ristiese wyse uitgedaag om hulle slag te wys. Ricky Beyers se 4x4-Utopia is voorwaar die speelplek vir enige geesdriftige 4x4-eienaar.
Mnr. André Latsky, hoof van die Hoër Landbouskool Oakdale, het die borge van die geleentheid bedank. Jaco Strydom het die projek namens die ondersteunersklub gekoördineer.
Die groep ouers van George, Mosselbaai, Oudtshoorn en Knysna lewer jaarliks 'n groot finansiële inspuiting aan hoërskool.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'