STILBAAI NUUS - Die dorp is hierdie jaar voorbereid op die komende veldbrandseisoen na die opening van 'n plaaslike brandweerstasie.
Grant Riddles, Hessequa-burgemeester, het op Vrydag 13 September die perseel waar 'n 'medium pumper' en 'n 4x4-bakkie gehuisves word, geopen.
Die afgelope 50 jaar is die gebou as werkswinkel gebruik, maar dis vroeër die maand opgeknap om as brandweerstasie te funksioneer.
Die geleentheid is deur die burgemeesterskomitee, direkteure en amptenare van die munisipaliteit, asook verteenwoordigers van die gemeenskaps-polisiëringsforum, polisie, Stilbaai-belangeforum en Stilbaai-bewaringstrust bygewoon.
Stilbaai se blinknuwe brandweerwa.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'