STILBAAI NUUS - Vriende en familie kan solank 24 Desember op hul kalender vir dié feestyd sit. Dit gaan 'n lekker pretdag vir 'n goeie doel wees.
Die hele idee is om familie en vriende uit te nooi om saam tydens die feestyd 'n vlot te ontwerp en te bou om geld in te samel vir die Kansa-vlotkompetisie op 24 Desember.
Die vlot wat 'n minimum van twee mense en maksimum van vier mense kan dra en vir 15 min met almal op kan dryf, wen die prys.
Daar sal 'n prys wees vir die vlot met twee mense en ook vir die een met vier mense wat die langste dryf.
Inskrywings is R100 vir 'n vlot van twee en R400 vir 'n vlot van vier. Kontak Annatjie Slabbert by 076 095 4324 of Adri Odendaal by 072 133 0444 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'