STILBAAI NUUSFLITS - Dié kusdorp het onlangs weer argeologiese geskiedenis gemaak nadat amptelik bekendgemaak is dat van die versteende spore wat oos van die geelkranse ontdek is, inderdaad kameelperdspore is.
Die bevindings van die kameelperdspore is ongeveer twee weke gelede in die South African Journal of Science gepubliseer.
Die Stilbaai-navorser, Jan de Vynck wat aan die Nelson Mandela Universiteit en die Universiteit van Johannesburg verbonde is, en wie deel uitgemaak het van die span wat verskeie besoeke aan dié gebied gebring het, het die belangrikheid van dié ontdekking met Suid-Kaap Forum gedeel.
Hy was ook die medeskrywer van die gepubliseerde artikel en het dit saam met dr. Charles Helm opgestel.
Op 9 Maart om 19:00 word ‘n praatjie deur drs. Curtis Marean en Naomi Cleghorn by die Jagersbosch Waenhuissaal aangebied, wat sal handel oor die nuutste wêreldroerende projekte.
Lees meer oor hierdie belangrike vonds in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'